send link to app

Versterker app for iPhone and iPad


4.4 ( 224 ratings )
News Entertainment
Developer: Helpende Hand
Free
Current version: 2.0, last update: 7 years ago
First release : 22 May 2015
App size: 34.35 Mb

Wat is versterkte realiteitstegnologie*?
Versterkte realiteit (VR) is wanneer die elemente van ’n regstreekse, direkte of indirekte, beeld van ’n fisiese omgewing in die regte wêreld deur rekenaar-gegenereerde sensoriese insette soos klank, video, grafika of GPS-data versterk (of aangevul) word. Daarenteen vervang virtuele realiteit die regte wêreld met ʼn gesimuleerde wêreld. Kunsmatige inligting oor die omgewing en die voorwerpe daarin kan dan bo-oor die regte wêreld vertoon word.

Hoe werk versterkte realiteitstegnologie?
Deur ʼn app vir ʼn selfoon, tablet of iPad te gebruik, identifiseer en vertolk ʼn selfoon se kamera ʼn merker, dikwels ʼn swart-en-wit staafkodebeeld. Die apparatuur ontleed die merker en skep ʼn virtuele beeld op die selfoon se skerm, wat die posisie van die kamera in ag neem. Dit beteken die app werk met die kamera om die hoeke en afstand te vertolk wat die selfoon van die merker af weg is.

Hoe kan jy die versterkte realiteitstegnologie benut en aflaai?

Stap 1: Besoek www.leesapp.co.za.
Stap 2: Klik op die skakel “Versterker”.
Stap 3: Druk op die skakel om die app gratis af te laai.
Stap 4: Wys jou foon, tablet of iPad oor die VR merker en sien hoe hierdie letters lewendig word.
Stap 5: Nou kan jy die wêreld van interaktiewe lees en speel beleef.

Besoek www.leesap.co.za vir meer inligting.

* In Engels bekend as “augmented reality”